Maandag 2 Julie 2018 Gesamentlike verslag van Groep A en B

Maandag, 2 Julie 2018, Zambesia, Mosambiek. Die dag, datum en plek waar die twee uitreikspanne dag 2 by die gebedshuise deur gebring het en die gemeentelede verder toegerus het.
Span A berig dat Marietjie en Evellynn het die oggend en middag bybelstudie met die vrouens gedoen. Dit het baie goed afgeloop en ons verstaan mekaar se behoeftes en probleme aangesien daar baie raakpunte is.

Benjamin vorder baie goed met die jeugleier kursus (mailbox klub kursusmateriaal) en het al vyf jeugleiers (kategete) uitgekies. Terugvoer van die kinders is dat hulle mal is oor die aktiwiteite.
Neels en Attie het vandag se Dissipelskap kursus aangebied en dit was baie suksesvol.
Attie en Hannes vertoon die Jesus film in Maroua vanaand.

Vir span B by Carrocone het Johnny en Danie het Waarheid en versoening kursus afgehandel.  Die gemeentelede het die geleentheid verder aangegryp om hulle kennis en verstaan van die Bybel te verbeter.  Johnny het die res van die oggend spandeer om die dissipelskap kursus aan te bied en die vyf elemente van dissipelskap te verduidelik. 

Danie moes terug dorp toe vir nog drinkwater en poa’s (Portugese broodjies) .  Barnie het die praktiese deel van dissipelskap verduidelik deur die implimentering van die Saad-aksie te verduidelik.  Die gemeente is huis toe gestuur met die opdrag om ‘n saad aksie te identifiseer waar hulle ‘n verskil in de lewe van ongelowiges in die omgewing kan maak.

Hanlie het weer tyd met die kinders gespandeer.  Die kinders het met groot belangstelling geluister na die geboorte van Christus en het elkeen ‘n prentjie gekry om in te kleur wat hulle met groot oorgawe gedoen het.  Die kinders se vaardigheid met die vetkryt het ons verbaas en hulle inkleurwerk was iets besonders gegewe die omstandighede waaronder hulle groot word.

Teen donker het dit tyd geword om die Jesus film te vertoon.  As voorvertoning tot die film het ons die video’s vir die mense vertoon wat ons van die aankoms, die kore, en die kerkdiens geneem het.  Die reaksie en laggende gesigte van die gemeente en hulle kommentaar was regtig iets om te waardeer.  Die kinders het hulleself en hulle maatjies duidelik geïdentifiseer en vanuit hulle magies gelag.  Daar het so omtrent 200 to 250 mense vir die vertoning opgedaag waaronder ‘n paar Moslems wat agterlangs belangstellend kom kyk het.


Hoewel die moraal van beide spanne baie hoog is, voel ons baie uitgeput en moeg. Ons fiesiese kragte raak min en die tente en kamp bedjies en afblaas matrasse laat mens nie so uitrus soos ons Sealy matrasse by die huis nie.  Môre gaan ons kamp skuif en daarvoor moet ons twee keer die afstand van ongeveer 140km op ‘n slegte grondpad aflê omdat ons te veel mense is vir net een voertuig. 

Ons vra die medegelowiges se voorbidding vir fisiese krag en beskerming op die moeilike paaie waarop ons elke dag moet ry.









Comments

Popular posts from this blog

Dinsdag 10 Julie 2018

Woensdag 4 Julie 2018