Saterdag 23 Junie 2018
Die uitreikspan wat vanjaar na Mosambiek gaan het vanoggend op die kerkterrein byeengekom om die voertuie te pak vir die reis. Dit was ’n reuse taak en daar is nie gedink dat al die goed wat moet saamgaan en op die plavei uitgepak was in die drie voertuie sou kan inkom nie. Tog het elke item sy plekkie gekry en die span is nou gereed vir die reis.
Die span vertrek DV môreoggend net na die oggenderediens en die eerste oornag is op Tshipise naby Beitbrug. Hulle beoog dan om Maandagoggend vroeg oor die grens te gaan en dan via Zimbabwe na Mosambiek te reis. Die reis gaan hulle bykans 5 dae neem omdat die pad op sekere dele baie sleg is.
Op die groepsfoto is van links na regs Barnie en Hanlie Van Heerden, Johnny Beumer, Marietjie Van Der Walt, Neels Slump, Andrie Beumer, Evellynn Hemmens, Danie Pelser, Ds Attie Venter en Hannes Venter.
Bid asb vir die span. Julle kan bid vir:
- ’n Veilige reis
- Gesondheid van die spanlede en dat hulle nie malaria sal opdoen nie
- Ontvanklike harte daar waar hulle die evangelie gaan uitdra.
Groete