Sondag 24 Junie 2018

Beste Almal, 

Dag 1 het voorspoedig verloop en die span het veilg by Forever Resorts,
Tshipise aangekom. Dit was net voor sononder en hulle moes maar in die
donker tente opslaan. Die gees onder die klomp is goed. Die vuurtjie is
aangesteek en die span gaan nou 'n vleisie braai.


Ons het vanoggend 'n wonderwerk beleef! Johnny het op die Sondag net na
vertrek sy ingeslukte kredietkaart teruggekry. Die mense van Fidelity Guards
het moeite gedoen en dit spesiaal vir Johnny gaan uithaal uit die foutiewe masjien. Die Here is goed.

Die afstand was 445km.


More vroeg wil hulle graag deur die Beitbrug grenspos na Zimbabwe. Die groep wil dan by die Morgenster Sendingstasie in Zimbabwe oornag.

Groete