Vrydag 29 Junie 2018
Beste almal,
Jammer vir die stilte van die afgelope paar dae. Ons het simkaarte by die
grens aangekoop, maar toe uitgevind dat ons eers moet registreer by 'n
Movitel kantoor waarby ons nie kon uitkom nie. Ons het dus geen wyse van
kommunikasie gehad nie.
Ons het nou kommunikasie en ek het die gebeure van dag twee reeds
deurgestuur. Ek sal nou 'n opsomming gee van wat op dae 3 - 5 gebeur het.
Op dag drie het ons in een dag van Morgenster tot by die Van Zyls naby die
Gorongoza reservaat gereis. By Mutare in Zimbabwe het ons oor die grens
Mozambiek binnegekom.
Dag 3: Gaan Mosambiek binne
Op dag vier het ons die slegte pad van 270 kilometer na Caia aangepak. Mens
kan dit eintlik nie meer 'n pad noem nie, want dit bestaan uit dongas, gate
en skerp stukke teer tussenin. Dis nie 'n kwessie van slaggate probeer
vermy nie, maar kies watter slaggat jy deur wil ry. Hannes het tydens een
van die slegste kolle een van sy bande afgeskryf. Ons het agtuur vm vertrek
en na donker by Caia aangekom. Daar het ons kamp opgeslaan en was redelik
gedaan. Na 'n heerlike maaltyd van smelt in die mond biefstuk was die
moraal weer op sy normale hoë vlak en het Danie en Neels mekaar se siele
uitgetrek tot groot vermaak van die res van die groep.
Dag 4: Op pad na Caia
Vandag het ons by Mocuba aangekom. Die pad was heelwat beter en ons het
Mocuba reeds teen middagete bereik. Daar kon ons 'n klompie aankope doen en
Hannes kon sy band vervang.
Dag 5: Veilig tot in Mocuba
Die roete was in sy geheel baie voorspoedig. Ons is heelwat kere deur die
polisie gestop en hulle het ons telkens sonder oponthoud laat deurgaan.
Ons heg weereens 'n paar fotos aan.
Groete,
UItreikspan