Saterdag 7 Julie 2018

Saterdag 7 Julie 2018. Die rit terug huis begin

Span A het as ontbyt saam met die pap en die rys, gebraaide knaagdiere gekry.  Nie een van die span het die moed van hulle oortuiging gehad om dit te probeer eet nie.  Daar is wel ‘n hoeder (LEWENDIG) aan die groep oorhandig wat al die pad saam met die groep Macuba toe moes ry sodat Pastor Claudio Nunes vir sinode moet neem as blyk van waardering vir die sinode se ondersteuning van die uitreik

Die span het kamp afgeslaan en die lede van die gebedshuis gegroet, en rustig gewag op span B om by hulle aan te sluit.

Op Napacala het span B afskeid geneem van die gemeente.  Die tolke het fluks gehelp om al die tente af te slaan en op te pak.  Die gemeente lede het vir ons meel, piesangs en ‘n lewendige hoender aangebied, Hanlie het summier die hoender Kerneels gedoop.  Ons het die hoender aanvaar, maar gevra dat die gemeente dit net moet afslag aan gesien ‘n lewendige hoender op die pad wat ons moet ry nie die ideale reisgenoot uitmaak nie.
Met al die bagasie opgepak het ons van die gemeente afskeid geneem.  Danie het as boodskap van bemoediging Psalm 23 vir die gemeente voorgelees.  Na die afskeid het Hanlie en Barnie spesifiek gaan stop by die Union Baptiste gemeente se kerk gaan stop.  Die ouderling, wat ook die kursus elke dag bygewoon het, Vasco, se vrou, Roseliena het , soos Hanlie, ‘n beroerte gehad.  Die beroerte het haar regterkant erg geaffekteer en sy is totaal afhanklik van Vasco vir versorging.  Beide Hanlie en Barnie, het vir die vrou en haar man gebid.  Aangesien hulle presies weet waardeur hulle gaan was dit vir hulle ‘n baie emosionele oomblik wat baie herinneringe opgeroep het.
Kort hierna het die twee spanne by Iyano bymekaar gekom.  Vandaar het die groot terugtog begin.  Kort voor Macuba het die sleepwa wat Danie gesleep het n pap wiel gekry.  Na verdere ondersoek het ons bevind dat die as van die sleepwa geskuif het.  Terwyl die manne hard aan die werk was om die as reg te maak, kom daar ‘n polisieman aan en versoek Hannes om sy kar te skuif aangesien hy ‘n voertuig ingang versper.  Met dié, besef die polisieman dat hy vir Johnny onthou van ‘n insident tydens die 2014 uitreik. Op Murua het hy die groep gelas het om alles, van die koskratte tot die wassakkies uit te pak sodat hy dit kon deursoek.  Daar moes toe opsluit ‘n foto van die betrokkenes, Pastor Fernando, Johnny, die polisieman, Neels en Andrie geneem word.  Die groep het dadelik ‘n geleentheid vir evangelisasie raakgesien en het ‘n Portugese Bybel aan die polisieman geskenk.

Na ‘n rukkie se werskaf het die manne die as kon regskuif en alles reg in plek kry en kon ons verder ry.  Ons het veilig by Bernadette, ons eerste oornag plek op die terugtog, aangekom.

Die tolke het almal begin gereed maak om huis toe te gaan.  Die tolke het die groete aan ons verskeie gemeentes gestuur en het almal van ons ‘n veilige reis toegewens.

Almal is redelik moeg en hoop op ‘n nag se goeie nagrus. 

Ons vra vir voorbidding vir die lang en moeilike pad wat voorlê.









Comments

Popular posts from this blog

Dinsdag 10 Julie 2018

Woensdag 4 Julie 2018

Maandag 2 Julie 2018 Gesamentlike verslag van Groep A en B