Sondag 1 Julie 2018 Terugvoer van subgroep B
Sondag in die platteland van Mosambiek. Die stilte, die omgewing se bekoring, die eenvoud waarin die gemeente hier woon en werk en die genade van die Here waarop die gemeente van Carracone vertrou het ons tot nederigheid gestem en voorberei vir die erediens.
Tydens die erediens het daar verskeie groepe met ritmiese sang die g se entoesiastiese toewyding aan die Here gewys. Pastor Jussa het die verrigtinge hanteer terwyl Pastor Fernando Alfredo het diens gelei het. Die tema vir die preek was “The calling” met skriflesing uit Johannes 1:43-50. Die diens was bygewoon deur omtrent 100 wat die kerkie stampvol gelaat het.
Die absolute oorgawe van die gemeente en hulle sang was uitsonderlik. Een van die spanlede het genoem dat ons Pretoria gemeentes iets van saamsing kan kom leer.
Na die erediens het die gemeente as bewys van hulle dankbaarheid vir ons ‘n hoender en rys kom skenk. Die seremonie het weereens saam met ritmiese wieg en sang saamgegaan.
Na middagete het die opleiding begin. Johnny en Danie het die waarheid en versoening kursus vir die volwasse gemeentelede aangebied. Hanlie vir die kinders vertel van die roeping van die eerste dissipels uit Luk 5:1-11 en die kinders het heerlik ingekleur aan die prente. Andrie het met die “Good news gloves” die kinders bewus gemaak van die evangelie en die goeie nuus van Christus. Filzandro het die jeugleiers opgelei.
Die betrokkenheid en die oorgawe van die tienerjeug, was vir ons een van die uitstaande aspekte by Carracone.
Die aand was weer tyd vir ry.... Die gemeente het so drie kilometer gestap na ‘n plasie naby die gebedshuis. Die jeug het soontoe en terug al die pad ritmies gesing wat ver deur die stilte van die naglug getrek het. Die bakkie met al die film vertoon toerusting moes weer 15 minute deur die bos kronkel met al die toerusting.
Omtrent 150 mense het gisteraand se Jesus film vertoning bygewoon.



