Sondag 1 Julie 2018
Die span het verdeel en werk nou op twee verskillende plekke. Hier volg dan terugvoer vanaf Subgorep A. Groep B se terugvoer sal later deurgestuur word.
30 Junie 2018
Saterdag
..vertrek uit Macuba na Mulela.
. Pad redelik goed maar vanaf teer pad na grond pad is die pad redelik sleg.
. Arriveer 16:15
. Guldige ontvangs met gemeenskap wat die span Langs die pad ingewag het en al singende gelei na gebeds huis waar ons na die groet kamp opslaan.
.groot afwagting van die plaaslike gemeenskap en vertoon Jesus film vir ongeveer 300 mense.
. Heerlike ete van sardyne en pap vir aandete voorgesit. ( ds. Attie se gunsteling kos).
Hier volg die jongste terugvoer vanaf groep B.
Die groot dag het uiteindelik aangebreek waar ons na ons verskeie gebedshuise gereis het. Groep B, bestaande uit Johnny, Andrie, Danie, Barnie en Hanlie is na Pastor Jussa se gemeente en wel na die gebedshuis op Carracone. Dit is in die Alto Molocue area. Die vier tolke is met publieke vervoer vanaf Macuba na Alto Molocue waar ons hulle by Pastor Jussa se huis gaan oplaai het.
Die pad vanaf die hoofpad het tot onlangs bykans nie bestaan nie en daar is dudelik tekens dat die gemeente die pad oopgekap het daarom vir ons voertuig dit moontlik te maak om by die gebedshuis uit te kom. Die pad het deur ’n bloekombosplantasie gekronkel. Die uitbundige tegemoet hardloop van kinders met laggende gesigte en uitbundige bokspringe was iets wat net in films uit Holywood kon gebeur, behalwe hierdie was geen toneelspel nie, dit was opregte hartsvreugde.
Die gemeente het ons met sang en dans begroet. (Ons plaas binnekort ‘’n video op Youtube. Ons stuur die link sodra dit gedoen is)
Die oorhandiging van die sokkerbal en springtoue aan die jeug het dadelik ’n spontane sokkerwedstryd laat begin. Al die kinders van 3 tot 33 het aan die wedstryd deelgeneem. Selfs Pastor Jussa het dit gewaag om te prober touspring.
Na middagete het ons ’n kenmekaar sessie gehad waar die volle uitreik span aan die gemeente voorgstel is. Die uitbundige sang van die gemeente was vir ons ’n bewys van hoe hulle op ons koms gewag het en hoe maande se voorbereiding nou tot ’n punt gekom het waar die gemeente se deure en harte oopstaan vir die boodskap waavoor ons uiteindelik opgedaag het.
Een stukkie teëspoed wat wel ons getref het, was die kragopwekker wat petrol gelek het, maar tussen Johnny en Danie is sy tongetjie vining afgesny en lek dit nie meer nie. Ons is reg om môre aand die Jesus film vir die gemeente te vertoon.





