Woensdag 4 Julie 2018

Woensdag 4 Julie 2018.

Die dag van afskeid neem van ons eerste gebedshuise.  Die een gesig wat Barnie sê in sy gedagte ingeprent sal bly, is die gesig van die ouderling van Carracone.  Dit was ‘n gesig van verslaendheid, ‘n gesig wat gespreek het van “Nou is dit alles verby, alles oor en al die hardewerk om die ‘visitors’ te onthaal is nou verby.”  Die afskeid was knop in die keel sluk onder die sing van Psalm 134.

Span A berig: Nadat ons kamp afgeslaan het, het ons die Attie se boswa se water gaan vol maak het by ‘n boorgat. Met ons aankoms by die volgende gebedshuis, het ons agtergekom die water wil nie uit die tenk loop nie.  Die pad was beter as die vorige party van die paaie waarop ons tot nou toe gery het.  Ons totale reis tyd was slegs 2 ure aan 50km.  Nadat ons hartlik verwelkom is, het ons kamp opgeslaan.  Die gemeente het vir ons middagete voorsien.  Neels het met Attie se bakkie gery as deel van die oplossing van die logsitieke nagmerrie van span B.  
Ons het weer die Jesus film vertoon.

Die dag van die groot skuif met moeilike logistieke toestande. Groep B moet 138 km, of sal ek in dit in Mosambiekse terme uitdruk, 6 ure se ry, skuif.  Ons het 1 x Toyota dubbelkajuitbakkie en 1 sleepwa.  Ons moet 1 kombuis, 8 mense se bagasie, 8 mense se tente en stoele, al die evangelisasie hulpmiddels, vrieskas, jerriekanne met petrol en ekstra diesel en ‘n kragopwekker vervoer.  Om die potholes en dongas en loopgrawe en algemene pad toestande te probeer beskryf het ek Langenhoven se woordeskat en Breyten Breytenbach se verbeelding nodig.  Kortom noem ons dit ‘n Logistieke nagmerrie!

Die oplossing is om twee keer te ry, al die pad met een voertuig net om halfpad met een van span A se voertuie te ontmoet om die rytyd minder te maak.  Die eindresultaat is dat die helfte van span A kamp kom opslaan het by Nakampala.  Andrie het saam met die tolke by Carracone agter gebly terwyl hulle daar gewag het om gehaal te word, het Andrie die tyd gebruik om by een van die gemeentelede wat siek was te gaan besoek aflê.  Die vrou se verstandelike vermoë is baie laag en haar man het haar verlaat.  Haar drie kinders sukkel met hulle gesondheid, maar die twee jongste kinders wat weens ondervoeding erge gesondhede risiko’s in die gesig staar.  Die jongste, van 7 maande, is ernstig siek.  Andrie het die gemeenskap saamgeneem en dit duidelik onder hulle aandag gebring dat die gemeente die verantwoordelikheid moet neem om as ‘n voortdurende saadaksie die vrou en die kinders te ondersteun.  Die gemeente het dadelik hulle rol verstaan en daar was dadelik mense wat hulle hulp en ondersteuning aangebied het.

Andrie was ook by die ouderling se dogter aan, wat ook baie siek is.  Andrie het vir haar gebid en dit duidelik vir die gemeente gemaak dat daar voortdurend vir haar gebid moet word.  Die hulp wat aan haar aangebied moet word, moet in die vorm van ‘n aaneenlopende saadaksie gedoen word.

Die gemeente het toegesak op die kerkie op Nakampala.  Die groep het aangegroei tot omtrent 400 mense en aangedring om die Jesus film te sien.

Die oorblywende deel van die span het teen 20:30 aangekom, moeg en blikners gesit.

Oor die algemeen was dit ‘n baie moeilike dag maar danksy die genade uit God se hande het tog ‘n positiewe dag beleef.

Comments

Popular posts from this blog

Dinsdag 10 Julie 2018

Maandag 2 Julie 2018 Gesamentlike verslag van Groep A en B