Bouwerk aan kerkgebou van Niquide, Mozambiek is einde 2018 voltooi


Annlin in samewerking met Pretoria-Montanapoort gee al sedert 2014 ondersteuning aan 'n nuutgevormde wyksgemeente, genaamd Niquide in Noord Oos Mosambiek (ongeveer 2500km van Pretoria), om hul eie kerkgeboutjie op te rig. Die wyksgemeente het tot stand gekom na 'n uitreik van 2011.

Die lidmate van die jong gemeente het geen kennis van bouwerk gehad nie en die Uitreikgroep van 2014 moes hulle eers touwys maak en raad gee.Hulle het begin om sementstene te maak met 'n steenvormmasjien. Die reƫling was dat Annlin en Montanapoort hulle sal help om materiale aan te koop, maar dat hulle self die bouwerk moet behartig. Die bouproses het met rukke en stote gevorder, maar na drie besoeke van ons uitreikspan en vele Engelse/Portugese oproepe na Buildt-lt in Mucoba is die kerkgebou na 5 jaar te voltooi.

Intussen het hul predikant 'n beroep na 'n ander dorp aanvaar waama die bouwerk vir meer as 'n jaar tot stilstand gekom en die gemeente herderloos was. Die gemeentelede het egter versoek dat hulle graag wil vooitgaan met die werk. Op die ou end is nagenoeg 15000 sementstene vervaardig en is die messelwerk tot op dakhoogte voltooi. Die dak is deur skrynwerkers wat van buite die dorp gehuur was, opgesit. Die dakplanke het drie weke geneem om van Maputo vervoer te word. Die skrynwerkers het met oorskiet dakplanke en deur minder dakkappe te gebruik, sommer ook kerkbankies geinstalleer_Die totale koste van die bouwerk het ongeveer R60 000 beloop.



Verdere fotos van die voltooing. Let op die blou dak wat ook help om muskiete weg te weer.




Ons dank al die lidmate wat bygedra het tot die oprigting van die kerkgebou. Dis voorwaar 'n sieraad van aanbidding in die bosse van Mosambiek.

Ons loof die HERE

 Vreugde in Hom wat dit alles moontlik gemaak het.