STORMSKADE BY CYFERSKUIL


Ons was hartseer om te verneem van die stormskade wat die hele Cyferskuil omgewing getref het gedurende die nag van 14 April 2020. 
  
Sendeling David Makananisi het berig dat sy huisie rakelings vernietiging ontkom het nadat ‘n groot boom voor sy huis geval het.   Die sterk stormwind het egter ander huisies en tydelike Zozo huisies vernietig of weggewaai – sover ons verneem het was daar geen lewensverlies nie en ons loof die Here daarvoor. 

Die nuutgeboude sendingkerk het ook deurgeloop en die verwyderbare muur aan die westekant (vir verdere uitbreiding) van die kerk was ook losgeruk.   Die muur is intussen herstel so goed hulle kon.  Hiermee saam ‘n paar fotos – ons harte gaan uit na diegene wat groot skade gely het tydens hierdie inperkingstyd en ons gebede gaan ook uit na almal wat ly dwarsoor die wêreld.  


Hou vas aan die Hoop in ons harte!

David en Agneciah se huisie 

rakelings deur die boom gemis


omgevalle muur


omgevalle muur



herstel