(1 Samuel 7:12 …”tot nou toe het die
Here ons gehelp”)
Want uit Hom en deur Hom en tot Hom
is alle dinge …..
Die Evangelisasiediensgroep neem
ongeveer Junie 2017 kennis van sendeling
David Makananise (52) wat sy studies voltooi het by die Mukhanyo Theology
College in 2010 en met die hulp van Wapadrant GK na Cyferskuil verhuis het met
die doel om ‘n Gereformeerde Kerk in die omgewing tot stand te bring. Cyferskuil is ongeveer 40 km Noord van
Hammanskraal en is in ‘n plattelandse
woongebied wat deur ‘n stamowerheid bestuur word. Ons voel gelei om betrokke te raak by
hierdie uitreik in ‘n behoeftige gemeenskap en tesame met Wapadrant GK begin
ons ‘n pad stap saam met David Makananise.
Eredienste is gehou in ‘n sinkgeboutjie met geen geriewe nie en ons
bring die nood van hierdie gemeente onder die aandag van Montanapoort gemeente
wat onmiddellik hul harte oopmaak. Die
gemeente begin voorsien in tweedehandse klere en noodsaaklike geriewe en in
Februarie 2019 bewillig die Kerkraad van Montanapoort die nodige fondse om ‘n
kerkgebou op te rig wat met groot toewyding en opoffering onder leiding van broer
Raymond Kruger voltooi en met groot vreugde en dankbaarheid teenoor die Here
vir Sy voorsiening oorhandig word op 3 November 2019 aan hierdie gemeente met
‘n diens gelei deur ds Oupa Nkoane van Ramotse GK. Dit is ons hoop en vertroue dat hierdie gemeente
in liefde gelei sal word tot ‘n volwaardige Gereformeerde gemeente.
 |
| Ou
Kerkgebou langs nuwe Kerkgebou |
 |
| Raymond doen die finale afwerking van die naam : Reformed Church; |
 |
| Openingseremonie: Raymond sluit die nuwe kerkgebou oop; |
 |
| Cyferkuil gemeente |
 |
| Ons sing “Laat Heer U seen op hul daal” |
 |
| Sr
Heather en die kindertjies |
 |
| Ons samel geld in by wyse van ‘n R5+
addisionele kollekte en skenk |
 |
| toebehore vir ‘n versorgingskooltjie |