Konnichiwa Japan Nuusbrief : Uit Poortpos 5 Februarie 2021
"Wees
nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk
nie angstig rond nie, want Ek is jou God.
Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende
regterhand."
KERSFEES IN JAPAN
Vanaf November is die winkels
alreeds met kersfeesversiering versien.
Elke keer wat ons winkel toe gaan moet ons doelbewustelik probeer keer
dat "Jingle Bells" of "Ronald the reindeer" kersliedere nie
in ons koppe vassit nie. Hierdie
kersliedjies word regdeur Desember in omtrent elke winkel gespeel. Dis wonderlik om soms Christelike
Kersliedjies, soos Stillenag ook te hoor.
Die groot opbou tot Kersdag eindig wel met 'n groot antiklimaks omdat
niemand werklik Kersfees vier op Kersdag nie.
Selfs kerke se Kersdienste word op 'n ander dag gehou. Kersdag in Japan is nie 'n publieke
vakasiedag nie, wat beteken kinders gaan skool toe en meeste mense werk.
Die mooi kersfeesversierings word
ook vroegoggend op die 26ste Desember afgehaal. Alhoewel Kersdag nie deur almal om ons
gevier was nie, is ons dankbaar dat ons Kersdag saam met mede-SA sendelinge kon
spandeer. Ons het behoorlik soos
konings ge-eet.
GEBEDSVERSOEKE
Japanese taalstudies;
2021 besoek aan SA;
Vriendskappe met Japannese;
Geestelike, emosionele en fisiese
gesondheid;
Missie Japan finansies (Covid-19 het
ons finansies drasties verminder)
Nadine se ma (Rika en pa Fanie);
Ons toekomsplanne - toekomstige
gemeente en bediening;
Stephan,
Carina, Annlie, Cornelius, Lodewyk and Stephan; Gys, Linda Olivier en hul
kinders in Koichi;
Baie dankie vir u gereelde gebede en
ondersteuning!
Bankrek: Missie Japan
Bank : ABSA
Lopende rek nr: 4049690248
Takkode: 632005
Verwysing : U naam en E&N