Nuus uit Poortpos van 29 Januarie 2021

 

NUUS VANAF RAMOTSE GEMEENTE

 

Ds Oupa Nkoane van Ramotse gemeente het 'n hartseer berig gestuur oor die pandemie op navraag hoe dit gaan:

 

"Is bad, we had 18 funerals this week, please pray for us.   I am at church now planting some veggies for food security!"

 

BOODSKAP VANAF DAVID MAKANANISI, CYFERSKUIL SENDELING

 

By Grace of God we are still fine.  Since January 2021 the church has remained closed until now because of Covid-19's second wave.  Cyferskuil church members and their families are still fine until now but a few of the village people where we stay (I know 6) have died and were buried as a result of the pandemic.

 

All the time I praise and thank God, our Lord Jesus Christ for protecting my family and myself in this bad situation.  When you pray, please don't forget us in your prayers.

 

KONNICHIWA JAPAN NUUSBRIEF

 

Kortliks van Nadine

 

As ek dink aan die jaar 2020, dink ek hoofsaaklik aan twee onderwerpe;  my taalstudies en my pa se gesondheid.   My Japannese taalstudies vorder goed.   Ek dink die feit dat ek ‘n ekstrovert is en baie van gesels hou, dra grootliks tot my vordering by.    Wanneer ek die waardering vir ons pogings om Japannees te praat in die oë van Japannese mense sien, spoor dit my meer aan om te wil verbeter en te wil volhard.   Ek dink ons taalvaardigheid, selfs wanneer die woorde krom en skeef uitkom, open harte tot nuwe vriendskappe en skep geleenthede om die Evangelie van Jesus te deel.   Daar is groot opgewondenheid in my hart wanneer ek oor ons toekoms in Japan dink.  

 

Kortliks van Elmar

 

Die jaar 2020 was ‘n groot leerkurwe wat baie toegevoeg het tot ons lewe hier in Japan.   Dit was ‘n jaar gevul met Japannese taalstudies, nuwe vriendskappe, uitdagings en aanpassings.   Ons het goeie vordering gemaak met ons taalvaardigheid en is verbaas oor hoe vêr ons gekom het.   Ek dink terug aan die begin van 2019, die jaar wat ons Japan toe gekom het, toe ons op een hand kon tel hoeveel woorde ons in Japannees kon sê.   Dit is wonderlik om te weet dat ons net onlangs ons volledige getuienisse in Japannees kon deel.

 

In Japan neem dit baie tyd om goeie vriendskappe te bou, maar ons is ongelooflik dankbaar teenoor die Here vir vriende regoor Japan wat ons in ‘n kort tyd kon maak.   Een van die grootste uitdagings van die jaar 2020 was dat beide ons pa’s weens hul gesondheid skielik in die hospitaal opgeneem is.   Dit is nie maklik om vêr van ons geliefdes te wees gedurende ‘n tyd van nood nie, maar die Here het ons die nodige krag en troos gebied.   Ons weet dat die Here sorg vir ons, asook vir ons families en kon dit beleef in die tyd van nood.

 

Ons wil spesiaal vir elke ondersteuner baie dankie sê vir jul ondersteuning in gebed asook finansieël.   Die sendingveld bestaan uit ‘n volledige samewerkende span, die wat stuur, die wat saai, plant en oes.   Ons weet dat sonder die Here sal niks moontlik wees nie.   Dit is hy wat ons elkeen roep om ‘n spesifieke plek in Sy Koningkryk in te neem.