Groentetuin Projek: Cyferskuil Gemeente. Uit Poortpos 26 Februarie 2021

 

 

Verlede jaar het die Cyferskuil Gemeente ‘n verskeidenheid groetesaad as ‘n geskenk ontvang en hulle het begin lente, ywerig tuin gemaak. Ongelukkig was hulle onsuksesvol aangesien die rondloper bokke en pluimvee die groente opgevreet het so vinnig as wat dit opgekom het. Hulle het tot die gevolgtrekking gekom dat hulle die tuin moet omhein met skadunet of ogiesdraad ongeveer (1.5m hoog). ‘n Tuin van 10x13m word beoog wat later vergroot kan word. Die bure het ‘n toegeruste boorgat het vriendelik aangebied om saam te werk en sal die water verskaf.  

 

Hulle vra dus vir skenkings as volg:

      Hoek en/of stut pale 2m lank

      “droppers”

      Gladde draad of “dun ski rope” 

      Skadunet en/of ogiesdraad 1.5m wyd

      Tuinslang

      Tuin gereedskap - gebruikte gereedskap sal met dank ontvang word 

      Winter groentesaad  bv kool, wortels,  spinasie, uie, “African Spinach (Samola)”

      Kunsmis

      Kompos

      Vervoer na Cyferskuil

      Hulp met die oprigting van die heining

      Raad met die kweek van groente

      Stoorplek om skenkings op te berg tot dat na Cyferskuil vervoer kan word

      ‘n Tweedehandse watertenk en plastiese pype (daar is watertenk platform in die kerkgebou)

 

Die evangelisasiegroep beplan ‘n deurry aksie DV soortgelyk aan die susters se projek.   Die gedagte is dat ons ‘n Saterdagoggend by die kerk sal wees op ‘n datum wat bevestig sal word ongeveer ten einde u skenkings in ontvangs te neem en daarna voort te gaan met die projek.

 

Ons dank u by voorbaat vir u ondersteuning!

Kontakpersoon:  Retha van Graan (082 493 7035)