Sendingpassie : Ds Wim Kurpershoek : Uit Poortpos 5 Maart 2021
Die Here roep ons lewenslank tot diens in die
Koninkryk! Kyk 'n bietjie hier!
Ds. Wim Kurpershoek is DV Mei 88
jaar oud. Sr. Nel, sy vrou is onlangs
oorlede. Sy gesondheid is nie elke dag
100% nie. Maar hy leef passievol as oud
sendeling wat vir baie jare in Noord Natal diensbaar was. Die twee foto's is van br. Wim verlede week by
Cyferskuil waar Montanapoort met evangelie-verkondiging help. Oom Wim bly met passie bedien! Wat 'n inspirerende voorbeeld vir ons elkeen!
