Uit Poortpos 26 Maart 2021 : Ramotse Gemeente .....

 

Ramotse gemeente onder leiding van ds Oupa het die afgelope Saterdag 'n suksesvolle werkswinkel aangebied wat onder andere ook deur twee katkisasieonderwysers vanaf Cyferskuil bygewoon is.  Kommentaar is dat die aanbieding goed was en dat die aanwesiges baie geleer het wat hulle kan toepas in eie gemeentes.  Daar is 'n opvolgende 2xdae kursus op 8 Mei 2021.

 

Ds Oupa het aan ons fotos van hul suksesvolle groentetuin aangestuur wat ons graag plaas.