CYFERSKUIL TUINDAG
Ons het veilig by Cyferskuil
aangekom met al die skenkings vir hul tuin en nadat sendeling
David ons verwelkom en gebid het,
het die span aan die werk gespring met die oprigting van 'n tuinskerm om die
hoenders en bokke uit te hou. Dit het
harde werk geverg het en die grootste bewondering afgedwing!! Sonder die jongmense wat vrywilliglik saamgekom
het, sou die oues van dae nie ver gekom
het nie - baie dankie weereens!! Die
vroue het intussen vir ons 'n heerlike ete van pap en hoender met pampoen en
spinasie voorberei en terwyl ons eet, is daar vir ons gesing! David het die bedankings en gebed gedoen en
Paul het
namens ons dankie gese! David het volledige advies ontvang oor
tuinmaak en veral die toediening van
kunsmis.
