Evangeliseringsdiensgroep : deurry aksie vir die groentetuin

 

Groot dank eerstens aan ons hemelse Vader en dan aan al die lidmate wat so ruimskoots bygedra het met tuinitems asook kontantskenkings ten einde Sateragoggend se deurry projek 'n sukses te maak.  Die gesellige warmte en liefde wat deurentyd ervaar is, bly 'n groot vreugde!   Baie, baie dankie!!  Ons beplan om DV die 24ste April die aflewerings te doen.  Aan  diegene wat hulp en samewerking aangebied het asook vervoer - ons hou u op hoogte - groot waardering!!  


Ons noem graag 'n paar items wat nog benodig word indien u dalk kan help :


-       ongeveer 10 stutpale van 2m lank;      

-        30 "droppers" (paaltjies tussenin)

-       Skadunet of iets soortgelyk en/of ogiesdraad 1.5 m wyd - die beplande tuin is ongeveer 10x13 meter - ten einde bokke en hoenders uit te hou!

Enige verdere kontantskenkings kan direk in die gemeente se bankrekening gemaak word met verwysing "Evangelisasie" asb.  Baie dankie!

 

David se kommentaar :  "Really!  God is good.  First thank God to touch the heart of the people who donate.  Secondly, thank you to the team to have courage in asking for donations of garden equipment.  I say thank you again!!."