GROENTETUIN PROJEK : CYFERSKUIL - 24 APRIL 2021

 

Ons vertrek DV gelaai met ywer en gereedskap en saad eersdaags na Cyferskuil.  Ons herhaal 'n paar uitstaande benodighede indien u kan :

  

-      ongeveer 10 stutpale van 2m lank;

-      30 "droppers" (paaltjies tussenin)

-      Skadunet of iets soortgelyk en/of ogiesdraad 1.5 m wyd

(die beplande tuin is ongeveer 10x13 meter - ten einde bokke en hoenders uit te hou!)

 

Enige verdere kontantskenkings kan direk in die gemeente se bankrekening gemaak word met verwysing "Evangelisasie" asb.   

 

Groot dankie!