WINTERSKLERE EN KOMBERSE

 

Lidmate wat graag goeie tweedehandse wintersklere en komberse wil skenk word uitgenooi.   Die diensgroep vir Evangelisering beoog om aan behoeftiges uit te deel maar ook om moontlike verkopings te organiseer ten einde die geldkassie bietjie aan te vul.  Aangesien skenkings ideale geleentheid bied vir evangelisering, vra ons dat elke skenking vergesel word met 'n Bybelversie boodskap aan die persoon wat dit gaan ontvang.  Op so 'n manier word ons almal saam betrek en saai ons die Woord!

 

Intussen maak ons ook bekend dat ons 'n ALLERLEI VERKOPING beoog op 'n datum wat nog bepaal sal word.  Hou dus daardie ongebruikte goedere reg tot verdere kennisgewing!!

 

U kan Sondae by die kerk kom aflaai of in die week met ons kontak vir afhaal of afleweringsdoeleindes.   Baie dankie by voorbaat!!  Kontaknr:  082 493 7035