CROSSROAD MINISTRIES
Liewe gemeente, soos beloof, weer 'n berig rondom die
evangeliseringsafdeling van ons tronkbediening, wat u gebede dringend nodig
het, vir die wonderwerkende genade van die Koning van die Kerk.
Baie van ons studente wat
betrokke is by Crossroad Ministries en wat deur hulle studies en betrokkenheid
gegroei het in hulle geloof en in hul liefde vir die Here, en uitsien om
wanneer hulle vrygelaat word, 'n verskil in hulle families en gemeenskap te gaan
maak.
Dit gebeur egter nie altyd in
almal se geval, wat hulle gehoop en geglo het sal gebeur nie. Hulle word met agterdog bejeën en beleef
weereens verwerping en beland dikwels weer alleen en sonder heenkome op die
straat. Om 'n werk te kry met 'n kriminele
rekord is amper onmoontlik.
Dit kan dan meewerk dat van
hulle, wat met soveel geloofsmoed, hul vryheid tegemoet gegaan het, en nou op
die straat beland, moed begin verloor en geleidelik weer terugsak in ou
gewoontes terwille van oorlewing.
Ons doen 'n beroep op u om asb gereeld in u gebede aan
hierdie broers en susters wat medegelowiges van ons is te dink en die Here te
vertrou vir hulle beskerming en voorsiening.