15 Oktober 2021

 


CROSSROADS PRISON MINISTRY

Die Geestelike behoeftes van die Oortreder.

'n Studie wat deur UNISA ge-inisieer is het interessante inligting

opgelewer: Godsdiens/Geloof speel 'n belangrike rol in die lewe van oortreders. 11% het

aangedui dat hulle nie kerk toe gegaan het voor hulle tronk toe is nie. Oortreders het die

volgende behoeftes genoem wat aangespreek moet word:

familiesake, selfbeeld, dissipelskap, vriendskap, konflik, woede, eensaamheid, VIGS, agressie

en die werkplek. Uit hierdie lysie is dit duidelik dat daar behoefte is om bemagtig te word om

goeie verhoudings te kweek; hulle het 'n identiteitsprobleem; bemagtiging om hulle emosies te

verstaan en te beheer en die behoefte aan vriende en mense wat vir hulle omgee. Geestelike

leiers moes 'n paradigmaskuif maak om mentors te word. Die oortreder wil 'n geestelike vriend

hê, iemand om hulle te help om 'n nuwe identiteit in Christus te vind en om in die tronk 'n

gemeenskap van gelowiges te vind waar hulle 'n gevoel van "behoort" kan hê. Hulle behoefte is

na persoonlike pastorale sorg waar persoonlike probleme bespreek kan word soos verhoudings

met familielede en hoe om 'n verhouding met mede-oortreders te begin.

Die CROSSROADS kursus is ontwerp om hierdie behoeftes van oortreders aan te spreek en

die mentorsbrief wat elke nagesiende les vergesel, spreek hierdie behoeftes aan. Om 'n brief

te skryf wat jou student sal ondersteun en rigting te gee vir sy geestelike groei, is elke keer

die uitdaging.